|
|||||||||||||||||||||||
|
|||||||||||||||||||||||
![]()
|
Welkom by Randmark Die idée vir ‘n hardloop klub in Randfontein het tydens die Comrades van 31 Mei 1983 sy oorsprong gehad. Tydens daardie jare het Randfontein slegs geslote mynklubs gehad.Die Randfonteiners wat op daar die stadium aan Krugersdorp atletiek klub behoort het, het tydens die “carbo loading” funksie by die Beach Hotel eenkant gesit en besluit dit is nie lekker om elke week Krugersdorp toe te ry vir tydtoetse nie. Die amptelike stigting van die klub het op 17 Augustus by 'n woonhuis in Greenhills Randfontein plaasgevind waar daar lank vergaderings van die klub gehou is. Die naam Randfontein Marathon klub sou die amptelike naam wees met Randmark as afkondiging. Die afkorting kom van die RAND van Randfontein, MAR van marathon en die k van Klub. Tydens 1984 het die klub tweekamp, baan en veld en landloop geinkorporeer. In die laat 90’s is besluit om van die baan en veld en landloop afdelings ontslaë te raak .Met die begin van die nuwe Milenium is daar besluit om 'n Stappers en ‘n Bergfiets afdeling in te bring.Randmark is uit en uit ‘n familieklub en poog daarna om gereeld braaivleisfunksies aan te bied om die hele familie te betrek.Op hierdie stadium spog die klub met pragtige fasiliteite in die vorm van ‘n volle gelisensieerde kroeg , lapa met braai area en 'n tuintjie.
News
Verslag van die Comrades Marathon Verslag van die Mabalingwe Lionman Verslag van die Specsaver Iron Man Foto's
van die I Flex off road Duathlon
|
||||||||||||||||||||||
| 07/09/2010 | Klubrun | 18:00 klubhuis |
| 09/09/2010 | Tydtoets | 18:00 klubhuis |
| 11.09.2010 | RANDMARK LENTEDRAF – 10km |
07:00 KLUBHUIS – BUNDU INN |
| 11.09.2010 | Silver Star Mtb Challenge genomineerde wedren | 08:00 Silver Star Casino |
| 11.09.2010 | VALUE LOGISTICS MOUNTAIN 10 MILER – 16km | VOORTREKKER MONUMENT AK |
| 12.09.2010 | THE CITIZEN GERALD FOX MEMORIAL HALF & 10km | JOHANNESBURG ZOO LOWER PARK DRIVE |